Welkom by Bak en Brou


Hierdie blog is deur gewone mense, wat van lekker smaaklike, eenvoudige kos hou, begin. Die doel van hierdie blog is om ander kosliefhebbers die geleentheid en medium te bied om hul beproefte en geliefkoosde resepte met ander te deel, om wenke uit te ruil en om as medium te dien vir jou een-stop e-resepte boek. Om deel te neem en om resepte op te laai moet jy as 'n Blogger op hierdie blad registreer, dit is baie maklik en kos niks.

As geregistreerde deelnemer en Blogger onderneem jy om by die volgende reëls te hou:

  • Indien dit nie jou eie resep is nie, gee erkenning aan die persoon of bron soos sosiale netweke, tydskrifte, resepteboeke en ander media waar jy die resep gekry het.
  • Waar moontlik, moet jy in jou artikel/resep vir ons verduidelik of jy die resep al beproef het en enige wenke wat jy kan gee om die resep 100% te laat slaag.
  • Enige artikel/resep wat jy wil publiseer op hierdie blad sal eers deur die Admins nagegaan word, en sal op die Admins se eie diskresie gepubliseer of verwerp word.
  • Jy onderneem dat enige artikel of resep wat jy hier publiek maak mag deur enige ander gebruiker van hierdie blad of die publiek weer gedeel of gepubliseer word sonder jou toestemming.
  • Waar moontlik sal jy 'n gewone (selfoon) foto van die resep wat jy wil deel, saam met jou artikel op laai, sodat ander gebruikers van die blad kan sien hoe dit regtig lyk nadat dit klaar is.
  • Indien jy enige resep/artikel wat jy gepubliseer het wil verwyder moet jy die Admins in kennis stel by: admin@bakenbrou.co.za
  • Jy stem toe dat bakenbrou.co.za van tyd tot tyd met jou per epos mag kommunikeer.  Ons hou nie van spam nie en sal jou ook nie spam nie.

  

Ons verwelkom enige voorstelle of innoverende idees om hierdie blad meer prakties en gebruikersvriendelik vir almal te maak, stuur asseblief vir ons 'n epos by admin@bakenbrou.co.za met jou voorstelle.

 

Laastens, maar nie die minste nie, geniet hierdie blad, neem deel en belangrikste: bookmark dit dat jy vinnig weer kan terugkom!