Maklike Pannekoek

Hierdie is 'n maklike pannekoek resep wat ek sommer self bymekaar gegooi het. Dit maak so tussen 12 en 15 pannekoeke.

BESTANDDELE:

  • 2 koppies(500ml) koekmeelblom
  • 2 eiers
  • Halwe teelepel sout (2.5ml)
  • 1 teelepel (5ml) bakboeier
  • Halwe koppie (125ml) Kookolie
  • 1 eetlepel (15ml) Asyn
  • 1 koppie (250ml) Melk
  • 2 koppies (500ml) Water
  • Bietjie olie vir bak
  • Suiker en kaneel na smaak

METODE:

  1. Gooi al die bestanddele saam in een bak en meng vir 10 minute baie goed met 'n klitser.
  2. Bak in bietjie olie tot ligbruin aan elke kant.
  3. Gooi gemengde suiker en kaneel oor na smaak of maak enige vulsel om mee saam te geniet. 

BRON:

www.bakenbrou.co.za

Aantal kere besoek: 176479

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Kerriebone
Kerriebone...meer
Marmite Koek
Marmite Koek...meer
Braai Ontbyt Pot
Braai Ontbyt Pot...meer
Perske-en-vanieljekonfyt
Perske-en-vanieljekonfyt...meer
Gestoomde vrugtepoeding
Gestoomde vrugtepoeding...meer
Botterskorsie-en-kaneelsop
Botterskorsie-en-kaneelsop...meer