Kerriehoender-pot

BESTANDDELE
  • 15 ml sonneblomolie
  • 15 ml botter
  • 9 hoenderdye (met vel)
  • 2 uie, in ringe gesny
  • 3 knoffelhuisies, grofgekap
  • 5 kardemomsade
  • 1 stuk pypkaneel
  • 1 lourierblaar
  • 5 ml fyn gemmer
  • 1 rooibrandrissie, fyngekap
  • 5 ml matige kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 5 ml fyn koljander
  • 3 heel naeltjies
  • 400 g gekapte tamaties (1 blik)
  • 6 aartappels, geskil
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 kerrieblare
 
METODE:
  1. Verhit die olie en botter in die pot.
  2. Braai die hoenderdye tot lekker bruin.
  3. Haal dit uit en braai die uie tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie.
  4. Voeg die knoffel en die speserye (behalwe die peper en kerrieblare) by en braai vir so 2 minute.
  5. Plaas die hoender bo-op die mengsel en skep die tamaties oor.
  6. Rangskik die aartappels bo-op en geur met sout en swartpeper.
  7. Voeg die kerrieblare by. Sit die deksel op en laat stadig prut vir 1 – 1½ uur.
 
BRON: sarie.com
 
Aantal kere besoek: 12157

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Chocolate Chip Koekies
Chocolate Chip Koekies...meer
Outydse Gemmerbier
Outydse Gemmerbier...meer
Lamsvleis-en-botterskorsiekerrie
Lamsvleis-en-botterskorsiekerrie...meer
Eiervrugpizzas met slaai
Eiervrugpizzas met slaai...meer
Klapperys
Klapperys...meer
Bruinsuiker broodjie
Bruinsuiker broodjie...meer