Biltong mieliepaptert

Bestanddele

  • 1,25 liter water
  • 15 ml sout
  • 750 ml mieliemeel
  • 1 x 410g blik geroomde suikermielies 
  • hand vol vars tiemie
  • 2 x 410g blik gekapte tamaties
  • 15 ml o|yf- of avokado-olie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngemaak
  • 250 g knopiesampioene, in skyfies gesny 
  • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak 
  • 250 ml gekerfde biltong
  • 375 ml Cheddarkaas, gerasper

Metode

  1. Verhit die oond tot 220°C. 
  2. Smeer ‘n 30 x 25 cm oondvaste bak.
  3. Bring die water en sout tot kookpunt in ‘n groot kastrol oor matige hitte. 
  4. Roer die mieliemeel in en klop om te voorkom dat klonte vorm. 
  5. Laat gaar word en roer van tyd tot tyd, ongeveer 20 minute, tot styf.
  6. Voeg die suikermielies en tiemie by. 
  7. Skep helfte van die pap in die voorbereide oondbak. 
  8. Skep die tamaties in ‘n Iaag bo-oor. 
  9. Verhit die olie in ’n kastrol oor hoé hitte en braai die uie, knoffel en sampioene vir 5 minute tot goudkleurig. 
  10. Geur en skep bo-op die tamatielaag.
  11. Skep die res van die papmengsel oor, dan die biltong en dan die kaas. 
  12. Bak ongeveer 20 minute, tot die kaas gesmelt het.

BRON: Finesse

Aantal kere besoek: 12291

Kommentaar:


***********r Nest het op 2019-02-24 16:53:16 kommentaar gelewer:
Hierdie lyk na 'n heerlike resep, ek gaan dit vanaand probeer!
Kerrie Marinade vir Sosaties
Kerrie Marinade vir Sosaties...meer
Groentesop vir die koue
Groentesop vir die koue...meer
Braai Ontbyt Pot
Braai Ontbyt Pot...meer
The best chocolate brownies
The best chocolate ...meer
Rysslaai
Rysslaai...meer
Noedels met tuna
Noedels met tuna...meer