Kampkerriekos

Kampkerriekos 

500g boerewors, in skywe gesny 

2 knoffelhuisies, gekneus 

2 uie gekap 

15 ml kookolie 

2 ml rissiepoeier 

15 ml kerriepoeier 

250 ml vleisaftreksel 

15 ml tamatiepuree 

30 ml suurlemoensap 

5 ml sout 

2 ml vars gemaalde swartpeper 

3 aartappels, in blokkies gesny 

4 piesangs, in skywe gesny 

 

Metode: 

Rooster wors tot byna gaar. Hou eenkant warm. Soteer intussen knoffel en ui in verhitte kookolie. Voeg rissie- en kerriepoeier by en braai effens. Voeg verhitte vleisaftreksel, tamatiepuree, suur lemoensap, sout en peper by. Voeg aartappels en wors by en prut vir 20 minute. Voeg piesangs by, meng goed en verhit deeglik. Sit voor met gebotterde heelgraanbrood. 

 
Aantal kere besoek: 6403

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Dubbel-sjokolade-, grondboontjiebotter en karamel melkskommel
Dubbel-sjokolade-, grondboontjiebotter en karamel melkskommel...meer
Geroomde spinasie met Fetakaas
Geroomde spinasie met Fetakaas...meer
Basil, Tomato & Smoked Mozzarella Pizza
Basil, Tomato & Smoked Mozzarella Pizza...meer
Soet tamatiesous boereworsrolle
Soet tamatiesous boereworsrolle...meer
Freda se Kerrie-resep
Freda se Kerrie-resep...meer
Lemonade
Lemonade...meer