Gebakte beesribbetjies

Gebakte Beesribbetjies

Bestandele

15 ml olyf- of kookolie
800 g beesribbetjies, in porsies gesny 
Soetsuursous 
30 ml (2 e) olyf- of kookolie 
1 groot ui, grofgekap 
1 knoffelhuisie, gekneus 
5 ml (1 t) fyngekapte, vars gemmerwortel
25 g (15 ml) tamatiepasta 
45 ml (3 e) vars suurlemoensap 
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 
15 ml (1 e) gekapte vars roosmaryn of 5 ml (1 t) droë 
60 ml (¼ k) ligte bruinsuiker 
200 ml (¾ k) beesvleisaftreksel 
45 ml (3 e) Worcestersous 
5 ml (1 t) droë mosterd 

 

Metode 

1. Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die ribbetjies vir ’n paar minute tot goudbruin aan albei kante. Plaas in ’n groot oondvaste bak. 

2. Sous: Verhit olie in ’n swaarboomkastrol. Voeg die ui, knoffel en gemmerwortel by en soteer vir omtrent 2 minute tot sag. 

3. Voeg die oorblywende bestanddele by. Prut vir omtrent 10 minute terwyl aanhoudend geroer word. Verwyder van hitte.

4. Skep die sous oor die ribbetjies en maak toe met ’n deksel of foelie.

5. Bak vir omtrent 1½ uur in ’n voorverhitte oond teen 160 °C of tot die vleis begin verbruin. Borsel die sous gereeld oor die ribbetjies. 

6. Verwyder deksel en bak vir ’n verdere 10 minute onbedek. Bedien met ’n stysel soos rys of aartappels.‚Äč

 

Hierdie beesvleis word bedek en vir ’n lang tyd in die soetsuursous in die oond gebak.

Maak dit toe met ’n deksel sodat die stoom opbou binne die bak en dit lekker stadig prut. Sodoende sal die vleis sag kook.

Voeg enige kruie van jou keuse by die sous om dit net nog meer lip-lekker te maak. 

Bron:  Netwerk24.com

 
Aantal kere besoek: 4196

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Italiaanse panpizza
Italiaanse panpizza...meer
Microwave Custard Slices
Microwave Custard Slices...meer
Kreef-oor-die-kole met knoffel-en-kruiebotter
Kreef-oor-die-kole met knoffel-en-kruiebotter...meer
Peri-peri-hoenderlewertjies
Peri-peri-hoenderlewertjies...meer
Samoesas met varkvleis
Samoesas met varkvleis...meer
Wit Teekoekies
Wit Teekoekies...meer