WAT JY NODIG HET:
2kg wildsvleis
500g redelik vet skaapvleis
100ml olie
4 uie, fyn gekap
250ml bessiesap (youngbessie)
100ml droë rooiwyn
5ml knoffelvlokkies
2ml swartpeper
sout na smaak
5ml gemengde speserye
2 lourierblare
12,5ml fyn koljander
5 heel naeltjies
1 pakkie bruin uie sop
1 blokkie beef stock, opgelos in 300ml kookwater
12,5ml Worcestersous
1 eier
Pasteikors:
750ml bruismeel
2ml sout
1 koppie botter
1 koppie suurrroom
MAAK SO:
1. Sny vleis in stukke en meng die skaap- en wildsvleis en meng in bietjie meel om die vleis te bedek.
2. Verhit olie in kastrol en braai uie tot goudbruin.
3. Plaas gemengde vleis in die kastrol en voeg res van bestandele by en prut tot sag en gaar. (Dit kan enige iets van 3 tot 4 uur neem op die stoof oor matige hitte of 1 uur en 30 minute in 'n drukkoker/stoompot op hoogste verstelling, vleis moet van die been afval en vlok.)
4. Verwyder al die beentjies uit die vleis. Skep vleis uit in pasteiskottel uitgevoer met die kors (sien onder). Gooi van die sous by soos verlang.
5. Bedek vleis met nog korsdeeg (in blaartjies gesny) bo-op, smeer gemengde eier bo-oor en druk gaatjies met 'n vurk in.
6. Bak pastei 45 minute by 180 °C tot kors goudbruin en gaar is.
Maak die kors as volg aan:
1. Sif droë bestandele saam.
2. Vryf botter met die vingerpunte goed in die meel in.
3. Voeg suurrroom by en meng tot 'n stywe deeg. Plaas 'n rukkie in die yskas.
4. Rol deeg uit en voer pasteiskottel uit, hou genoeg uit vir kors bo-op.
Wenk: Marineer eers die wildsvleis in karringmelk vir 'n dag of twee in die yskas voor jy die resep maak. Maak die vleis eers droog voor jy dit in die kastrol gooi en gooi die karringmelk weg.
Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!