Mengeldrankies: 3 gunstelinge

Mengeldrankies: 3 gunstelinge

Bloody Mary

Kies ‘n lang glas, en gooi 30ml vodka, ‘n skeut Tabasco-sous, Worcestersous en suurlemoen-sap oor ys. Geur met sout en peper. Voeg 120ml tamatiesap by die drankie en roer dit goed.


Piña colada

Voeg 30ml Bacardi, 120ml pynappelsap, 30ml kokos-neutlikeur en 15ml suikerstroop in ‘n elektriese menger en meng tot glad. Voeg 125ml fyn ys by en meng weer. Sit in mooi glase voor.

Margarita

Smeer ‘n stuk suurlemoen met die rand van die glas langs. Druk die rand in ‘n piering sout. Gooi 30ml tequila, 15ml suurlemoensap en 30ml triple sec of Cointreau in ‘n mengfles. Voeg ‘n paar ysblokkies by en skud goed. Gooi in die soutglas sonder ys.

Bron: Idees

#BBD0E0 ยป
Aantal kere besoek: 4014

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Ouma Anne se Semel / Bran Beskuit
Ouma Anne se Semel / Bran Beskuit...meer
Noedels met tuna
Noedels met tuna...meer
Kaserige oondhoender met spek
Kaserige oondhoender met spek...meer
Appelkooskoekies
Appelkooskoekies...meer
Neute Lekkers (Peanut Clusters)
Neute Lekkers (Peanut Clusters)...meer
Ertjie, Bone en Spek Tert
Ertjie, Bone en Spe...meer