Eier en Ham Mandjies

EIER EN HAM MANDJIES 

Bestanddele:

75 ml botter, gesmelt
400 g sampioene, fyngekap
1 groot ui, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
6 snye witbrood, korsies afgesny
12 skyfies gerookte ham
6 eiers

Metode: 

Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit 25 ml van die botter in ‘n braaipan en  braai die sampioene en uie tot sag en glansend. Geur met sout en  swartpeper.

Rol die snye brood met ‘n koekroller dunner uit en smeer dan elke sny alkant versigtig met botter.

Smeer of spuit ‘n reuse-muffinpan. Druk ‘n sny gesmeerde brood in  elke muffinholte. Pak twee snytjies ham in elkeen en skep 
van die  sampioenmengsel bo-op. Breek ‘n eier in elkeen en geur.

Bak vir sowat 5 tot 7 minute of tot die eierwit gestol is.

 

Bron: Tuis 

 
Aantal kere besoek: 5679

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Paptert
Paptert...meer
Botterskorsie-en-kaneelsop
Botterskorsie-en-kaneelsop...meer
Klapperys
Klapperys...meer
Samoesas met varkvleis
Samoesas met varkvleis...meer
Bunny Chow
Bunny Chow...meer
Tamatie en Rissie Konfyt (Mikrogolf)
Tamatie en Rissie Konfyt (Mikrogolf)...meer