Spekvleis-en-spinasie-tertjies

Spekvleis-en-spinasie-tertjies

Bestanddele

Kors: 400 g broskorsdeeg

Vulsel:
200 g spekvleis, gaar
3 murgpampoentjies, fyn gerasper
1 rooi soetrissie, fyn gekap
4 eiers
250 ml (1 k) melk
100 g spinasie, fyn gekap
100 g cheddarkaas
sout en peper

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n muffinpan liggies.

Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en sny sirkels uit wat in die gate sal pas.

Meng al die vulselbestanddele in ’n bak en geur na smaak.

Verdeel die vulsel tussen die deegdoppies en bak 20 minute of tot goudkleurig.

Sit warm voor.

 

Bron:  Huisgenoot

 
Aantal kere besoek: 9159

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Frikkadelle
Frikkadelle...meer
Texan-varksteak met lemmetjie-en-feta-aartappels
Texan-varksteak met lemmetjie-en-feta-aartappels...meer
Skons
Skons...meer
Telefoonpoeding
Telefoonpoeding...meer
Snoek
Snoek...meer
Cremora Tert
Cremora Tert...meer