Eiervrugpizzas met slaai

 Eiervrugpizzas met slaai

Bestanddele

2 groot eiervrugte

30 ml (2 e) growwe sout

2 wiele fetakaas, grof gekrummel

250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas

TAMATIESOUS
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml (1 e) olyfolie
30 ml (2 e) tamatiepasta
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
15 ml (1 e) suiker
sout en vars gemaalde peper

SLAAI
15 ml (1 e) olyfolie
6 murgpampoentjies, in linte gesny met ’n groenteskiller
sout en vars gemaalde peper
10 g roketblare
60 ml (¼ k) gesplinterde amandels (opsioneel)

SLAAISOUS
30 ml (2 e) olyfolie
15 ml (1 e) witwynasyn
2 ml (½ t) Dijonmosterd
1 knoffelhuisie, fyngedruk

Metode

Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

Sny die eiervrugte in skywe van 2 cm dik. Sprinkel die sout oor en sit in ’n vergiettes.

Tamatiesous: Braai die ui en knoffel in die verhitte olyfolie.

Voeg die tamatiepasta en tamaties by en bring tot kookpunt. Laat prut tot gereduseer.

Geur met die suiker, sout en vars gemaalde peper.

Vee die sout van die eiervrug af, klad droog, pak op die bereide bakplaat en bak 10 minute.

Skep ’n lepel van die tamatiesous op elke eiervrugskyf.

Sprinkel die kase oor en bak nog 5-10 minute tot gesmelt.

Slaai: Vryf die olyfolie deur die murgpampoentjielinte en skroei alkant in ’n ysterpan.

Slaaisous: Klits die slaaisousbestanddele saam en meng deur die

murgpampoentjies en die res van die slaaibestanddele. Sit voor saam met die pizzas.

 

Bron:  Huisgenoot

 

 
Aantal kere besoek: 3654

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Peppered Salmon on the Braai
Peppered Salmon on ...meer
Warm dubbel-sjokolade drankie
Warm dubbel-sjokolade drankie...meer
Milanese Risotto
Milanese Risotto...meer
Biltongslaai
Biltongslaai...meer
Bros Konfyt koekies
Bros Konfyt koekies...meer
Bruinsuiker Patats
Bruinsuiker Patats...meer