Gemmerkoekies

Gemmerkoekies

Bestanddele

500 g sagte botter
500 ml sagte bruinsuiker
250 ml goue stroop
sowat 80 ml gemmerkonserf, gedreineer en fyn opgekap
1 kg bruismeel
10 ml elk koeksoda en kremetart
5 ml sout
2 ml gemaalde gemmer
2 eiers, geklits
ekstra koekmeel, indien nodig

Metode

Stel oond op 180 °C.

Klop die botter, bruin-suiker, stroop en konserf saam.

Sif die droë bestanddele by die bottermengsel in. Meng goed saam.

Voeg die eiers by en meng saam tot ‘n sagte deeg.

Neem ekstra meel op die hande as die deeg te onhanteerbaar is. Vorm klein balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat of rol uit en druk sirkels van verlangde grootte uit.

Bak sowat 8 tot 10 minute. Lewer sowat 80 koekies. 

Wenk: Let op dat die deeg "loop". Laat dus genoeg ruimte tussen elke balletjie. 

Ons het die deeg dun uitgerol en ‘n heerlike bros koekie gekry.

 

Bron:  Landbou.com

 
Aantal kere besoek: 10304

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Rissie-mielies oor die kole
Rissie-mielies oor die kole...meer
Garnaalkerrie
Garnaalkerrie...meer
Aartappelslaai met kaas en biltong
Aartappelslaai met kaas en biltong...meer
Vlakoekies
Vlakoekies...meer
S'mores oor die kole
S'mores oor die kole...meer
Hotcross Bun - Franse roosterbrood met bros spek en heuning
Hotcross Bun - Franse roosterbrood met bros spek en heuning...meer