Hotcross Bun - Franse roosterbrood met bros spek en heuning

Hotcross Bun – Franse roosterbrood met bros spek en heuning

(4 – 6 porsies)

Bestanddele

2 eiers

30 ml melk

sout en varsgemaalde swartpeper

hot cross buns, gehalveer

30 ml olyfolie

250 g spek, brosgebraai in ’n warm pan

60 ml gouestroop

  Metode

Meng eiers en melk. Geur met sout en swartpeper. Doop elke hot cross bun-helfte in die eiermengsel. Verhit olyfolie tot warm in ’n groot braaipan. Braai tot goudbruin aan albei kante, sowat 2 – 3 minute. Sit warm gebraaide brood met spek en gouestroop voor.

Wenk: 
Om te verseker dat jou brood en spek op dieselfde tyd gaar is, kan jy jou spek  in die oond bak teen 200 ˚C tot goudbruin en bros.

Bron:  Sarie

 

 
Aantal kere besoek: 4515

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Hoender-nuggets
Hoender-nuggets...meer
Perske-en-vanieljekonfyt
Perske-en-vanieljekonfyt...meer
Hoenderpot
Hoenderpot...meer
Botterhoenderpakkies (Wraps)
Botterhoenderpakkies (Wraps)...meer
Hoenderpastei
Hoenderpastei...meer
Rysvlokkiepoeding (Rice Crispies)
Rysvlokkiepoeding (Rice Crispies)...meer