Avokado Ritz

Avokado Ritz

Bestanddele

2 avokado's, gehalveer en die pitte verwyder

120 g gekookte steurgarnale, afgedop

sap van 1 suurlemoen

1 ml sout

1 ml peper

pietersielie

suurlemoenskywe

 

Metode

Besprinkel die halwes avokado met die suurlemoensap om te verhoed dat dit verkleur.
Meng die sout en peper met die steurgarnale en skep dit in die halwes avokado.
Gooi 'n bietjie van die seekossous oor die steurgarnale.
Garneer met gekapte pietersielie en suurlemoenskywe.

In plaas van garnale kan jy kreef, geblikte tuna of geblikte krap gebruik.

 

Seekossous

300 ml mayonnaise

35 ml tamatiesous

35 ml room (double cream)

12 ml brandewyn

die sap van 'n halwe suurlemoen

2 ml sout

2 ml peper

Meng die mayonnaise en die suurlemoensap, sout en peper saam.
Voeg die tamatiesous by terwyl jy aanhoudend roer.
Hou aan roer en gooi die room en daarna die brandewyn by.
Proe vir sout en peper.

Hou die sous vir ten minste een uur in die yskas voor jy dit gebruik.

 

Bron:  Kookkuns.com

 
Aantal kere besoek: 5877

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Diepsee-doopsous
Diepsee-doopsous...meer
Waterblommetjie Bredie met Groenbone
Waterblommetjie Bre...meer
Swartwoud Koek
Swartwoud Koek...meer
Viskerrie
Viskerrie...meer
Spekvleis-en-spinasie-tertjies
Spekvleis-en-spinasie-tertjies...meer
Lamsbreyani
Lamsbreyani...meer