Texan-varksteak met lemmetjie-en-feta-aartappels

Texan-varksteak met lemmetjie-en-feta-aartappels

Bestanddele

AARTAPPELS
6 aartappels, in wiggies gesny
30 ml (2 e) olyfolie
sout en vars gemaalde peper
1 wiel fetakaas, grof gekrummel
10 g koljanderblare, grof gekap
sap van 1 lemmetjie

STEAK
1 x gemarineerde 750 g-Texan-varksteak
15 ml (1 e) olyfolie

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit met kossproei.

Metode

Aartappels: Versprei die aartappels op bakplaat. Besprinkel met die olie en geur met die sout en peper. Meng goed en rooster 30 minute in die verhitte oond of tot die aartappels sag en goudbruin is.

Sprinkel die fetakaas, koljanderblare en lemmetjiesap oor en meng rofweg.

Steak: Pak die steak op die bereide draadrakkie. Sprinkel die olyfolie oor en rooster 20-25 minute in die verhitte oond of tot gaar – die gaarmaaktyd sal afhang van hoe dik die steak is.

Sny die steak in repies en sit voor saam met die aartappels en vars kersietamaties.

 

Bron:  Huisgenoot

 

 
Aantal kere besoek: 3717

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Wafel Resep
Wafel Resep...meer
Pina Colada Kolwyntjies
Pina Colada Kolwyntjies...meer
Korslose kaas-quiche
Korslose kaas-quiche...meer
Geurige seekos-rys
Geurige seekos-rys...meer
Frikkadelle
Frikkadelle...meer
Hoender-nuggets
Hoender-nuggets...meer