Rooi fluweelkaaskoekies

Rooi fluweelkaaskoekies

Bestanddele

• 200 g sjokoladewafel- of -semelbeskuitjies, fyngemaak
• 60 ml botter, gesmelt
• 350 g saggemaakte roomkaas
• 250 ml suiker
• 15 ml mielieblom
• 62,5 ml kakao
• 10 ml vanieljegeursel
• 30 ml rooi voedselkleursel
• 3 eiers
• room, bessies en sjokoladekrulle as garnering

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas foelie-bakvormpies in die holtes van ’n gewone muffinpannetjie. Meng die beskuitjiekrummels met die gesmelte botter. Verdeel die krummelmengsel tussen die vormpies en druk dit stewig op die bodem van elke foelievormpie vas met die agterkant van ’n lepel.

 
2. Klits die roomkaas tot glad met ’n elektriese menger. Voeg die suiker, mielieblom en kakao geleidelik by tot donsig, en klits dan die vanielje en kleursel by. Klits die eiers een vir een by tot goed gemeng. Verdeel die beslag eweredig tussen die vormpies (die vormpies sal amper vol wees). Bak vir 20−25 minute of tot ferm in die middel. Laat afkoel vir 15 minute (die middelste deel sal insak terwyl dit afkoel). Verkoel vir minstens ’n uur voor jy die koekies uit die vormpies haal, en nog ’n uur voor jy dit voorsit met geklopte room, vars bessies en sjokoladekrulle.

 

Bron:  Tuis

 
Aantal kere besoek: 3741

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Warm Aartappelslaai
Warm Aartappelslaai...meer
S'mores oor die kole
S'mores oor die kole...meer
Wit Teekoekies
Wit Teekoekies...meer
Lekker Versiersuiker
Lekker Versiersuiker...meer
Spekvleis-en-spinasie-tertjies
Spekvleis-en-spinasie-tertjies...meer
Koffietert (Mariaan)
Koffietert (Mariaan)...meer