Witwyn-sangria

Witwyn-sangria

Wenk: As dit nie perskeseisoen is nie, kan jy appelwiggies of gehalveerde aarbeie gebruik.

Bestanddele

750 ml (1 bottel) droë witwyn
125 ml (½ k) lemoenlikeur (Cointreau)
1 lemoen, in skywe gesny
2 kaalperskes, pit verwyder en in wiggies gesny (kyk Wenk)
500 ml (2 k) sodawater
1 suurlemoen, in wiggies gesny vir opdiening

Metode

1. Sit dit witwyn, likeur en vrugte in ‘n groot beker. Roer deurmekaar en kneus die vrugte in die proses om soveel geur moontlik te verkry. Bedek die beker met kleefplastiek en plaas oornag in die yskas sodat die geure kan meng.


2. Vul die beker net voor opdiening met sodawater. Plaas ys in elke glas, skink sangria daaroor en voeg ‘n suurlemoenwiggie by.

 

Bron:  Maroela Media – 7de Laan vier fees!

 
Aantal kere besoek: 3582

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Bobotie
Bobotie...meer
Tannie Annetjie se Groenbone
Tannie Annetjie se Groenbone...meer
Mikrogolf-vrugtekoek (muffins)
Mikrogolf-vrugtekoek (muffins)...meer
Basil, Tomato & Smoked Mozzarella Pizza
Basil, Tomato & Smoked Mozzarella Pizza...meer
Vlaskywe
Vlaskywe...meer
Maklike Pannekoek
Maklike Pannekoek...meer