Kits Suurlemoenvlatert

KITS SUURLEMOENVLATERT:

500ml melk
100ml suiker
25ml vlapoeier
10ml botter
100ml suurlemoensap
397g (1 blik) kondensmelk
1¼ pak Tennisbeskuitjies


Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier. Voeg die botter daarby en laat dit effens afkoel. Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n reghoekige bak. Gooi helfte van die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk. Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die helfte van die louwarm vla daaroor. Herhaal die lae. Rasper van die beskuitjies bo-oor en laat dit goed afkoel.
Aantal kere besoek: 9575

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Kampkerriekos
Kampkerriekos...meer
Hoendersosaties op die rooster
Hoendersosaties op die rooster...meer
Romany Creams
Romany Creams...meer
Maklike pynappel "stirfry" sous
Maklike pynappel "stirfry" sous...meer
Tamatiebredie
Tamatiebredie...meer
Piesangslaai
Piesangslaai...meer