Blomkool-en-kaasdis in 'n kits

Blomkool-en-kaasdis in ‘n kits

Bestanddele

2 koppe blomkool, in blommetjies verdeel
30 ml (2 e) botter
250 g spekvleisstukke
30 ml (2 e) meel
250 ml (1 k) melk
200 g bokmelkfeta, gekrummel
sout en peper
5 ml (1 t) neutmuskaat

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakskottel met botter.

Blansjeer die florette in kookwater, dreineer en rangskik dit dan in die bakskottel en sit eenkant.

Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte, roer die spekvleis in en braai tot effens verbruin.

Voeg die meel by om ’n pasta te vorm en kook 2 minute terwyl jy roer. Voeg die melk bietjie-bietjie by terwyl jy ná elke byvoeging roer om te meng. Wanneer die mengsel begin kook, verminder die hitte en laat 10 minute prut oor baie lae hitte.

Verwyder die kastrol van die hitte, roer die kaas in en geur na smaak. Giet die kaassous oor die blomkool en bestrooi met neutmuskaat.

Bak 15 minute of tot goudkleurig en borrelend.

 

Bron:  Huisgenoot

 
Aantal kere besoek: 5331

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Bolognese
Bolognese...meer
Mieliebrood - Baie lekker en maklik!
Mieliebrood - Baie lekker en maklik!...meer
Hilda se Dadelvingers
Hilda se Dadelvingers...meer
Barbara Jooste se Melktert
Barbara Jooste se M...meer
Pampoentert
Pampoentert...meer
3 van die beste marinades
3 van die beste marinades...meer