Hilda se Dadelvingers

Lewer 20 vingers.

Bestanddele:

  • 250 g botter of margarien
  • 250 ml suiker
  • 500 g dadels, fyn gekap
  • 1 eier, goed geklits
  • 100 g (125 ml) groen glanskersies
  • 100 g (125 ml) rooi glanskersies
  • 1 x 200 g pakkie Mariebeskuitjies, in klein stukkies gebreek
  • Klapper, om oor te strooi

 

Metode:

  1. Smeer ’n koekpan van 26 cm x 16 cm.
  2. Verhit botter of margarien en suiker oor matige hitte en roer tot suiker gesmelt is. Verlaag hitte, voeg dadels en eier by en meng vinnig en deeglik om eier egalig te versprei.
  3. Voeg kersies en koekiestukkies by, meng en haal van die stoof af.
  4. Giet mengsel in voorbereide pan en druk dit stewig met die agterkant van ’n glas vas.
  5. Strooi klapper oor en laat heeltemal afkoel. Sny in vingers van 3 cm x 6 cm.
BRON: landbou.com
Aantal kere besoek: 11435

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Peri Peri Flattie
Peri Peri Flattie...meer
Geurige seekos-rys
Geurige seekos-rys...meer
Swartwoud Koek
Swartwoud Koek...meer
Vinnige Boontjiesop
Vinnige Boontjiesop...meer
Warm Melk Sponskoek
Warm Melk Sponskoek...meer
Mokka Fudge Poeding
Mokka Fudge Poeding...meer