Toffieappels

Toffieappels

Bestanddele

30 middelslag appels

30 stokkies

1 liter (4 k) suiker

375 ml (1 1/2 k) water

1 ml (1/4 t) sout

250 ml (1 k) gouestroop

rooi kleursel

 

Metode

Was en droog appels af en steek stokkies stewig by die

stingelent in.

 

Los suiker op in water, voeg sout en stroop by en kook tot die

ligtekraakstadium (143 grade Celsius). Voeg kleursel by en roer.

 

Dompel appels in die warm mengsel (hou dit warm terwyl daarmee

gewerk word, maar moet dit nie kook nie).

 

Laat die oortollige stroop afloop en plaas die appels met die 

blom-ent op gesmeerde botterpapier. Na 'n paar minute sal dit

hard wees.

 

Wenk: 

As die gouestroop in 'n blik en redelik styf is, plaas die blik in

kookwater om makliker te meet. Doop ook die lepel en koppie

in kookwater.

 

Bron:  Kook en Geniet

 

 
Aantal kere besoek: 4296

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Mikrogolf-vrugtekoek (muffins)
Mikrogolf-vrugtekoek (muffins)...meer
Broodbolle vir braaivleis
Broodbolle vir braaivleis...meer
Omeletrolletjies met steak
Omeletrolletjies met steak...meer
Bruinsuiker Patats
Bruinsuiker Patats...meer
Viskerrie
Viskerrie...meer
Generaal Smutskoekies
Generaal Smutskoekies...meer