Milanese Risotto

Milanese Risotto

Bestanddele

1¼ L (5 k) hoenderaftreksel
1 ml (¼ t) saffraandrade
2 groot beesbene met murg (vra jou slagter)
80 g botter
15 ml (1 e) fyn gekapte ui
400 g rondekorrelrys soos Arborio
200 ml droë witwyn
100 g parmesaankaas, gerasper

Metode

Verhit die hoenderaftreksel. Week die saffraandrade in 2 eetlepels

van die warm aftreksel en hou eenkant.

Haal die murg uit die bene en laat smelt dit saam met die botter in ’n

groot kastrol oor lae hitte.

Voeg die ui by en braai liggies.

Voeg die rys by en braai tot deurskynend terwyl jy heeltyd roer.

Voeg die wyn by.

As die rys die wyn heeltemal geabsorbeer het, voeg jy die

warm hoenderaftreksel geleidelik by, ’n halwe koppie op ’n slag.

Wag elke keer tot die vloeistof geabsorbeer is voor jy nog

byvoeg – en roer aanhoudend.

Ná sowat 10 minute voeg jy die 2 eetlepels hoenderaftreksel

met die saffraan ook by.

Sit voor met parmesaan.

 
Bron:  Huisgenoot
Aantal kere besoek: 3108

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Curried Wheat Salad with peaches
Curried Wheat Salad with peaches...meer
Korslose Appeltert
Korslose Appeltert...meer
Braai Ontbyt Pot
Braai Ontbyt Pot...meer
Catie se Melktert
Catie se Melktert...meer
Chocolate Chip Koekies
Chocolate Chip Koekies...meer
Oxtail met uie en wortels
Oxtail met uie en wortels...meer