Roly Poly Poeding

Roly Poly Poeding ~ Lekker poeding met nostalgie

1 koppie koekmeel
1 teel. Bakpoeier
2ml sout

Meng bogenoemde goed.
Doen dan die volgende:

  1. Vryf 125ml botter in meelmemgsel tot dit soos growwe broodkrummels lyk.
  2. Voeg 'n eetlepel koue water by net om kniebare deeg te maak.
  3. Rol uit op meelbestrooide oppervlak en smeer lekker dik appelkooskonfyt oor. Rol op dat langste wors voor jou lê.
  4. Sny in 6 ewe groot wiele en pak in oondvaste bak, snykante na bo.
  5. Kook die volgende in mikrogolfoond saam: 125 ml suiker, 100 ml botter en een koppie water.
  6. Gooi kookmengsel oor wiele en bak in oond van 180C vir ongeveer 40 min tot mooi goudbruin.

Bedien met roomys en vla!! Lekkerste poeding ooit!!

Aantal kere besoek: 15718

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Marmite Koek
Marmite Koek...meer
Bully Beef met Kapokaartappels
Bully Beef met Kapokaartappels...meer
Biltong en Cheddarkaas Quiche
Biltong en Cheddark...meer
3 van die beste marinades
3 van die beste marinades...meer
Varktjops met tiemie-roomsous
Varktjops met tiemie-roomsous...meer
Ouma Annie se Koekstruif
Ouma Annie se Koekstruif...meer