Sjokolade & Mallow Crispies Treats

Sjokolade / Mallow Krispies Treats (Maak 40 Blokke)

Bestanddele

125 g margarien of botter

350 g houer Rice Krispies

500 g marshmallows

2 X 200 g blok sjokolade

 

Metode

1. Plaas margarien in kastrol en smelt. Voeg marshmallows by en roer tot amper opgelos/gesmelt.

2. Voeg Rice Krispies by en meng goed deur tot alle Rice Krispies bedek is. Giet uit in 'n gesmeerde rolkoekpan en druk goed vas.

3. Smelt sjokolade en smeer oor Rice Krispies mengsel. Laat stol. Laat die hele mengsel stol vir ±1 uur en sny dan in blokke.

 

Wenk: Moenie te lank los om te stol nie, anders is dit te hard om deur te sny.

 

BRON:  Peterjasie

 
Aantal kere besoek: 5355

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Varktjops met tiemie-roomsous
Varktjops met tiemie-roomsous...meer
Beesstert (Oxtail) Potjie
Beesstert (Oxtail) Potjie...meer
Coconut Clusters
Coconut Clusters...meer
Yster Pampoen
Yster Pampoen...meer
Hertzoggies
Hertzoggies...meer
Hilda se Dadelvingers
Hilda se Dadelvingers...meer