Vlaskywe

Vlaskywe

Maak 6 vlaskywe

Bereiding: 10 minute
Stoltyd: 45 minute
Baktyd: 15 minute

 

Bestanddele

1 rol (400 g) botter-skilferkorsdeeg
1 eier, geklits
500 ml (2 k) gekoopte vanieljevla
15 ml (1 e) gelatien, opgelos in 125 ml (½ k) warm water
versiersuiker vir bo-oor sif

Metode

Verhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

  1. Rol die deeg dunner uit en sny in 12 blokke. Pak op die bakplaat, verf die eier oor en bak 15 minute. Laat heeltemal afkoel.
  2. Verhit die vla effens. Roer die gelatienoplossing by ’n bietjie daarvan en meng dan met die res. Verkoel tot dit begin stol; klits af en toe.
  3. Stapel die skywe op mekaar met vulsel tussenin. Sif versiersuiker oor en sit voor.

Let Wel:

As jy regtig haastig is kan jy die skilferkors met kraakbeskuitjies vervang. Sit die skywe dan net dadelik voor voor die beskuitjies sag word.

 

Bron:  Huisgenoot Digitaal

Foto:  Huisgenoot Digitaal

 
Aantal kere besoek: 7866

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Roosterkoek
Roosterkoek...meer
Braai Ontbyt Pot
Braai Ontbyt Pot...meer
Sjokolade & Mallow Crispies Treats
Sjokolade & Mallow Crispies Treats...meer
Ontbyt in 'n muffin pan
Ontbyt in 'n muffin pan...meer
Vlakoekies
Vlakoekies...meer
Peri-peri-garnale
Peri-peri-garnale...meer