Ingemaakte beet

Ingemaakte Beet

Bestanddele

2 bossies beet - ongeveer 600 g
500 ml bruinasyn
500 ml witsuiker
2 ml sout

Metode

Was die beet baie goed af en kook vir ongeveer 30 tot 40 minute.
Dreineer die beet, maar behou 500 ml van die beetwater.
Trek skille van beet af, sny blokkies of rasper beet.
Plaas die asyn, suiker, sout en beetwater in kastrol en verhit todat al die suiker opgelos is.
Roer deur en laat 5 tot 10 minute kook.
Voeg nou die beet by die beetstroop, en laat net deurkook.
Skep in gesterilliseerde flesse en maak dig toe.

 

 

Bron:  Kuier, Kook & Klets

 
Aantal kere besoek: 9295

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Lemoenstroop Koek
Lemoenstroop Koek...meer
Chinese Roerbraai
Chinese Roerbraai...meer
Korslose Appeltert
Korslose Appeltert...meer
Soet tamatiesous boereworsrolle
Soet tamatiesous boereworsrolle...meer
Maklike Kerriemaalvleis Vetkoeke
Maklike Kerriemaalvleis Vetkoeke...meer
Groentesop vir die koue
Groentesop vir die koue...meer