Gerookte snoekpatee

Gerookte snoekpatee

Bestanddele

400 g gerookte snoek

60 ml mayonnaise

30 ml tamatiesous

30 ml suurlemoensap

250 ml room

4 sprietuie, gekap

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

 

Metode

Verwyder die vel van die snoek. Vlok die snoek en verwyder enige grate. Kap fyn in jou voedselverwerker. Voeg die mayonnaise, tamatiesous, suurlemoensap en room by. Meng goed. Haal uit die voedselverwerker en vou die sprietuie in. Geur met sout en swartpeper.

 

Bron:  Sarie Kos - Barbara Joubert

Foto:  Sarie Kos

 
Aantal kere besoek: 4027

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Hazel se groenteslaai
Hazel se groenteslaai...meer
Geurige seekos-rys
Geurige seekos-rys...meer
Bully Beef Spaghetti Skottel
Bully Beef Spaghetti Skottel...meer
Maklike Bar One Poeding
Maklike Bar One Poeding...meer
Kits Suurlemoenvlatert
Kits Suurlemoenvlatert...meer
Koffie-en-karamel selfsous poeding
Koffie-en-karamel selfsous poeding...meer