Geroosterde Murgbene

Geroosterde Murgbene

Bestanddele

murgbene, in lengtes van ongeveer 8 cm gesaag

handvol pietersielie, gekap

salotte of uie, fyngekerf

handvol kappertjiesaad

suurlemoensap

olyfolie

growwe sout

 

Metode

Rooster die murgbene in die oond vir ongeveer 30 minute teen 200 grade C. Murgbene is gaar sodra murg effens van been wegtrek.

Maak 'n mengsel van pietersielie, salotte en kappertjiesaad. Maak 'n slaaisous van die suurlemoensap, olyfolie en growwe sout. Gooi oor pietersielie-mengsel.

Krap die murg op 'n stuk roosterbrood uit, gooi die pietersielie-mengsel bo-oor en geniet. 'n Geposjeerde eier kan bo-op die murgbene en roosterbrood bygevoeg word.

 

Bron:  Lekker Resepte vir Jagters en Boere

Foto:  Lekker Resepte vir Jagters en Boere

 

 
11,223 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Maklike Pannekoek

Sien

Tamatiebredie

Sien

Indiese Kerrie

Sien

Gestoomde vrugtepoeding

Sien