Skoonma se Sjokoladekoek

SJOKOLADEKOEK 

Hierdie is my skoonma se sjokoladekoek wat sy maak uit "Knuppeldik aan Koningskos". Dis die beste!

 

Bestanddele:

1 en 1/2 koppies water

4 eetlepels kakao

1/2 koppie kookolie

4 eiers

1 en 1/2 koppies suiker

2 koppies koekmeel

4 teelepels bakpoeier

 

Metode:

1. Kook die Water, Kakao en Kookolie saam en laat dit afkoel;

2. Klits in 'n mengbak die eiers en suiker baie goed saam (tot lig en donsig);

3. Sif die meel en die bakpoeier by die eiermengsel en meng;

4. Voeg die kakao mengsel laaste by en klits baie goed totdat die volume amper vedubbel het.

5. Bak 'n halfuur of tot toetspenntjie skoon uitkom teen 180 grade C.

6. Laat afkoel en versier met botterversiersel.

 

Bron: Knuppeldik aan Koningskos

21,673 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Cadbury Sjokolade Koek

Sien

Souskluitjies

Sien

Freda se Kerrie-resep

Sien

Maklike Frikkadelle (meatballs)

Sien