Maklike Frikkadelle (meatballs)

Maklike Frikkadelle

 

Ek het hierdie resep by 'n kollega gekry.  Lekkerste frikkadelle wat ek nog ge-eet het.

 

Bestanddele:

  • 1kg Maalvleis
  • 1 koppie oats
  • 2 tamaties, geskil en fyn gesny
  • 1 ui gerasper
  • 2 eetlepels tamatiesous
  • 2 eetlepels chutney
  • 1 eetlepel worcestersous
  • 2 eiers
  • Speserye: Origanum, Rosemary en "Spice for mince" - gooi soveel in soos jy daarvan hou
  • 1 pakkie bruin uie sop poeier
  • 500ml kookwater

 

Metode:

  1. Meng die vleis, oats, tamaties, ui, tamatiesous, chutney, worcestersous en speserye saam in 'n mengbak.
  2. Klop die eiers goed en meng by die vleis in.
  3. Maak ronde balle en plaas in 'n oodvaste bak met 'n deksel.
  4. Maak die bruin uie sop poeier aan met die 500ml kookwater en gooi oor die frikkadelle.
  5. Plaas die deksel op en bak teen 180 grade in die oond vir om en by 1,5 uur
Aantal kere besoek: 72731

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Jan Braai se Lamslendetjops
Jan Braai se Lamslendetjops...meer
Garnaalkerrie
Garnaalkerrie...meer
Snoek
Snoek...meer
Tuna Macaroni Gereg
Tuna Macaroni Gereg...meer
Patat en mango gereg
Patat en mango gereg...meer
Chocolate Chip Koekies
Chocolate Chip Koekies...meer