Warm Aartappelslaai

BESTANDDELE:

  • Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 50ml (5 t) ongegeurde jourt
  • 15ml (1 e) olyfolie
  • 15ml (1 e) heelkorrelmosterd
  • 15ml (1 e) heuning
  • 2 takkies kruisement, fyn gekap
  • sout en vars gemaalde peper na smaak

SLAAI:

  • 1 pak (125g) Cos-slaaiblare (opsioneel)
  • 4 eiers, hard gekook, afgedop en in wiggies gesny
  • 200g baba-aartappeltjies, skoongeskrop en gekook, in skywe of kwarte gesny
  • 90g groenbone, gestoom
  • 1 blik (410g) pitmielies, gedreineer en afgespoel
  • 1 blik (410g) botterbone, gedreineer
  • 3 grasuie of 'n halwe rooiui, gekap

METODE:

SLAAISOUS - Meng al die bestanddele en hou eenkant

SLAAI - Rangskik die blaarslaai, eiers, aartappelskywe en groenbone op 'n bord. Meng die pitmielies en botterbone en voeg by. Sprinkel die uie oor en giet van die slaaisous oor.

BRON:

Huisgenoot 2011

Aantal kere besoek: 1212

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Hoender-pastasop
Hoender-pastasop...meer
Lekker Versiersuiker
Lekker Versiersuiker...meer
Hoenderlewerpatee
Hoenderlewerpatee...meer
Tuna-aartappelgebak
Tuna-aartappelgebak...meer
Wit Teekoekies
Wit Teekoekies...meer
Aartappelkerrie
Aartappelkerrie...meer