Tant Frika se skaapskenkels in die oond gebak

'n Heerlike vleisgereg vir 'n koue wintersdag.

BESTANDDELE:

6 Skaapskenkels (opgesaagde skenkels werk ook, maar dit is baie lekkerder as elkeen sy eie skaapskenkel kry).

Marinade:

  • 3 groot uie fyn gesny
  • ½ koppie blatjang
  • ½ teelepel fyn gemmer
  • 2 huisies knoffel, fyn gekap
  • 12,5ml heuning
  • ½ koppie bruin asyn
  • ½ koppie tamatiesous
  • 25ml appelkooskonfyt
  • 1 blokkie biefekstrak
  • 5ml mostertpoeier
  • 'n knypie fyn naeltjies, neutmuskaat en tiemie
  • sout en peper na smaak
  • 25ml sjerrie

METODE:

  1. Braai die uie en knoffel in 'n klein bietjie olie tot sag en voeg die ander bestandele by.
  2. Prut stadig vir sowat 'n halfuur en roer.
  3. Plaas die skenkels in 'n oondbak en giet die marinade bo-oor.
  4. Maak die bak toe en los oornag in 'n oond gestel op 100 grade Celsius.
  5. Voor opdiening, bedruip weer en plaas vir 20 minute oop in 'n baie warm oond 220 grade Celsius.
  6. Draai na 10 minute en bedruip weer.

BRON: Onthou jy nog? saamgestel deur Anna Eksteen

1,274 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Appelkooskoekies

Sien

Jambalaya Rys

Sien

Skoonma se Sjokoladekoek

Sien

Hollandaise-sous

Sien