Ertjie, Bone en Spek Tert

BESTANDDELE:

  • 500 g skilferdeeg (puff pastry), ontdooi as dit gevries is
  • Meel vir die oppervlak
  • 175 g KOO Botterbone, gedreineer en gespoel
  • 175 g KOO Ertjies, gedreineer
  • 12 basiliekruidblare, plus ekstra vir versiering
  • 300 ml dubbel room
  • 140 g gerookte spek, in blokkies gesny
  • 4 groot eiers
  • 100 ml melk
  • 50 g parmesaankaas, gerasper
  • Sout en peper na smaak

METODE:

  1. Verhit oond tot 200 ° C. Rol die deeg uit op 'n ligte meeloppervlak tot dit groot genoeg is om 'n 28 cm pan toe te maak.
  2. Maak seker dat die deeg styf in die pan gedruk word.
  3. Laat die oorblywende deeg oor die kante hang.
  4. Sit bakpapier oor deeg en gooi dro« boontjies bo-op die bakpapier om die deeg te bedek.
  5. Bak deeg vir 25 minute.
  6. Verwyder die bakpapier met die bone (gooi dit weg) en bak weer in die oond vir 5 minute om die kors uit te droog.
  7. Gooi die botterbone en ertjies in 'n bak met die basiliekruid, 3 eetlepels room en genoeg geurmiddels.
  8. Puree met 'n handblender (of in 'n voedselverwerker) tot glad.
  9. Braai die spek (sonder olie) vir 'n paar minute in 'n "non-stick" pan totdat dit goudbruin word.
  10. Klits die oorblywende room met die eiers, melk, parmesaan en sout en peper.
  11. Smeer die ertjie en boontjiepuree oor die basis van die tert en strooi die spek oor.
  12. Gooi die eiermengsel versigtig oor.
  13. Sit in die oond en bak teen 180 ° C  vir 35 minute tot goud bruin.
  14. Laat dit afkoel en sny die oortollige deeg wat langs die kante hang af.
  15. Versier met ekstra basiliekruid en bedien met 'n slaai vir 'n piekniek, somerbuffet of middagete, of as 'n voorgereg.

KREDIET: Sara Buenfeld

Aantal kere besoek: 2541

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Pampoentert
Pampoentert...meer
Bacon and Mushroom Pasta
Bacon and Mushroom Pasta...meer
Paasbolletjies (Hotcross Buns)
Paasbolletjies (Hotcross Buns)...meer
Kerriebone
Kerriebone...meer
Vlakoek
Vlakoek...meer
Ertjie, Bone en Spek Tert
Ertjie, Bone en Spe...meer