Kaasbrood

My ma het baie hierdie brood gebak as ons gebraai het, dis vinnig en baie smaakvol!

BESTANDDELE:

  • Lewer een brood
  • 500g bruismeel
  • 500ml karringmelk
  • 5ml sout
  • 375ml gerasperde cheddar
  • 1t gedroogde pietersielie
  • 5ml mosterd poeier
  • 5ml Aromat
  • ½ pakkie dik wit uiesop

METODE:

  1. Meng al die bestanddele saam 1 koppie kaas.
  2. Gooi in ’n broodpan.
  3. Strooi die res van die kaas bo-oor en bak in ’n voorverhitte oond van 190°C vir 45min.
  4. Wag totdat die brood afgekoel het voordat dit uitgekeer word.
  5. Die brood moet heeltemal op kamertemperatuur wees voordat dit voorgesit word.
  6. Bedien saam botter.
Aantal kere besoek: 2899

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Gerookte salm tartare met suurlemoen en capers
erookte salm tartare...meer
Sondag-lamsboud
Sondag-lamsboud...meer
Frikkadelle
Frikkadelle...meer
Pizza
Pizza...meer
Kerriehoendertert
Kerriehoendertert...meer
Kruie-stokbrood
Kruie-stokbrood...meer