Maklike Pannekoek

  • Hierdie is 'n maklike pannekoek resep wat ek sommer self bymekaar gegooi het. Dit maak so tussen 12 en 15 pannekoeke.

BESTANDDELE:

  • 2 koppies(500ml) koekmeelblom
  • 2 eiers
  • Halwe teelepel sout (2.5ml)
  • 1 teelepel (5ml) bakboeier
  • Halwe koppie (125ml) Kookolie
  • 1 eetlepel (15ml) Asyn
  • 1 koppie (250ml) Melk
  • 2 koppies (500ml) Water
  • Bietjie olie vir bak
  • Suiker en kaneel na smaak

METODE:

  1. Gooi al die bestanddele saam in een bak en meng vir 10 minute baie goed met 'n klitser.
  2. Bak in bietjie olie tot ligbruin aan elke kant.
  3. Gooi gemengde suiker en kaneel oor na smaak of maak enige vulsel om mee saam te geniet. 
44,421 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Basiese Brooddeeg

Sien

Stampmielies

Sien

Groente-dhal

Sien

Ouma Annie se Koekstruif

Sien