Mikrogolf Fudge

BESTANDDELE:

  • 1 blik kondensmelk
  • 500 ml wit suiker
  • 125 g harde geel margarien
  • 5 ml vanielje geursel

METODE:

  1. Plaas suiker, kondensmelk en margarien in 'n groot DIEP plastiekbak (mikrogolfbestand).
  2. Mikrogolf op hoog vir 5 minute.
  3. Haal uit en roer net genoeg om bestanddele goed te meng en sit terug in mikrogolfoond.
  4. Mikrogolf weer op hoog vir 5 minute.
  5. Kleur van die mengsel behoort nou 'n ligte karamel kleur te wees. Indien jy dit donkerder wil maak, sit weer terug in mikrogolf en sodra die kleur reg is, haal uit en gooi die vanielje by.
  6. Gooi in ‘n gesmeerde plat bak.
  7. Wanneer gestol en nog warm, sny, anders is dit te hard as dit afgekoel het.
Aantal kere besoek: 45838

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Braaisout
Braaisout...meer
Kruie-stokbrood
Kruie-stokbrood...meer
Milanese Risotto
Milanese Risotto...meer
Kaastert
Kaastert...meer
Tuisgemaakte kraakbeskuitjies
Tuisgemaakte kraakbeskuitjies...meer
Melktert met Kondensmelk
Melktert met Kondensmelk...meer