Malvapoeding

Hierdie is 'n ou, beproefde wenner! Al jare in die familie!

BESTANDDELE:

125ml (½ koppie) strooisuiker

2 eiers

15ml (3 teelepels) appelkooskonfyt

312,5ml (1 en 'n kwart koppie) koekmeelblom

5ml (1 teelepel) koeksoda

knypie sout

30ml (6 teelepels) botter

5ml (1 teelepel) asyn

125ml (½ koppie) melk

SOUS:

250ml (1 koppie) room

125g (½ koppie) botter

125ml (½ koppie) strooisuiker

125ml (½ koppie) melk

25 ml (5 teelepels) brandewyn (opsioneel)

METODE:

1. Voorverhit oond tot 180 grade C en smeer 'n vuurvaste bak/pan

2. Klits die strooisuiker en eiers saam tot lig en donsig

3. Klits die appelkooskonfyt in

4. Sif die droë bestandele saam in apparte bak

5. Smelt die botter en voeg by die asyn en melk in apparte maatbeker/bak

6. Vou die droë bestandele afwisselend met die melkmengsel in die eiermengsel

7. Gooi in die bak/pan en bak vir 45 minute

8. Smelt die bestandele vir die sous saam en gooi or die warm poeding sodra dit uit die oond kom.

Wenk: Sit warm voor met roomys en vla. Ek kook sommer die sous in die mikrogolfoond.

Aantal kere besoek: 23236

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Korslose Appeltert
Korslose Appeltert...meer
Samoesas met varkvleis
Samoesas met varkvleis...meer
Rysvlokkiepoeding (Rice Crispies)
Rysvlokkiepoeding (Rice Crispies)...meer
Springmielieballe
Springmielieballe...meer
Groentesop vir die koue
Groentesop vir die koue...meer
Chicken Lettuce Salad
Chicken Lettuce Salad...meer