Broodpoeding

Broodpoeding

Neem 10 snye brood, sny korsies af en sny groot blokke, 1 sny – 4 blokke.

Gooi ½ koppie suiker bo-oor brood blokke.

Smelt 3 eetl botter, gooi 4 koppies melk by (1l), laat melk net warm word, nie kook nie.

Klop 4 eiers, gooi baie stadig by warm melk mengsel, die eiers moet nie stol nie, meng goed.

Gooi mengsel oor brood blokke, laat staan vir 5 minute dat melk goed intrek. 

Bak vir 40 minute in 180 grade C voorverhitte oond.

 

Bolaag

1 koppie botter, sag gemaak tot romerig

2 koppies suiker

2 eiers

2 teel vanilla geursel (10ml)

 

Meng alles saam tot romerig. As poeding klaar gebak is haal uit oond en smeer bolaag sommer rofweg oor poeding.

Plaas terug in oond vir 20 minute, poeding is mooi bruin as uitkom, bedien met vla.

 
Bron:  Maak 'n Las
Aantal kere besoek: 29309

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Waldorf-slaai
Waldorf-slaai...meer
Peri-peri hoenderlewerpasta
Peri-peri hoenderlewerpasta...meer
Sjokolade & Mallow Crispies Treats
Sjokolade & Mallow Crispies Treats...meer
Taai Hoendervlerkies
aai Hoendervlerkies...meer
Klein Koekies
Klein Koekies...meer
Marshmallow Slaai
Marshmallow Slaai...meer