BOTTER HOENDERPAKKIES (WRAPS/TORTILLAS)

Bestanddele:

80 ml (⅓ k) gewone jogurt
30 ml (2 e) suurlemoensap
15 ml (1 e) gekapte knoffel
15 ml (1 e) gekapte gemmer
5 ml (1 t) fyn komyn
15 ml (1 e) fyn koljander
2,5 ml (½ t) paprika
sout en peper
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
25 g botter
2 rooi brandrissies, gekap
1 blik (410 g) tamatiepuree
kospakkies (wraps/tortillas) en vars koljander vir voorsit

 

Koop sommer die klaargemaakte wraps/tortillas by die winkel!

 

Metode:

Voorverhit die oondrooster op hoog. Meng die jogurt, suurlemoensap, knoffel, gemmer,komyn, fyn koljander, paprika, sout en peper in ’n bak. Voeg die hoenderblokkies by en roer om te bedek.


Rooster die hoender vir 10 minute.


Smelt die botter in ’n pot oor matige hitte, voeg die brandrissies en geroosterde hoender by en kook vir 5 minute. Voeg die tamatiepuree by en laat prut nog 5 minute.


Sit die hoender saam met kospakkies (wraps) en vars koljander voor.

 

RESEP VIR WRAPS/TORTILLAS  (Indien jy jou eie wil maak!)

Bestanddele:

3 k meel
1 eetl olie
1 t sout
1 1/2 k kookwater

 

Metode:

Voeg al die bestanddele saam. Bewerk en knie tot ’n lekker stywe, uitrolbare deeg.


Rol gholfbalgrootte balle, poeier met meel en rol elkeen so 1 tot 2 mm dik uit.


Bak dit in 'n warm (nie rooiwarm), vetvrye pan net tot dit begin blase maak. Kyk dat nie brand nie. Draai om en bak ander kant.

 

Bron:  Lekker Resepte vir die Jongergeslag