JAMBALAYA RYS

 

Bestanddele

15 ml olie

3-4 repe “streaky bacon”

1 gekapte ui

2 selderye, gekap

500 ml rou rys

1 l hoenderaftreksel

3 ml sout

3 ml swart peper

3 ml rooipeper (cayenne pepper)

1 lourier blaar (bay leaf)

1 “green pepper” in blokkies gesny

1 x 410 g blikkie gekapte tamaties

100 g ham in blokkies gesny

200 g hoender blokkies gesny (gaar) 

15 ml pietersielie

 

Metode

Verhit olie en braai spek tot bros, dreineer spek.

Braai ui tot sag, voeg seldery en rys by, roer aanhoudend – braai vir 1 minuut.

Voeg hoenderaftreksel, sout, peper, rooi peper en lourier blaar by en prut vir 10 minute.

Voeg green peper en tamaties by en laat prut vir verdere 5 tot 10 minute.

Voeg ham, spek en hoender by en prut vir 5 minute.

Gooi mengsel in opskepbak en sprinkel met pietersielie.

 

Bron:  Kreatiewe Kos Idees