Aartappel en Sampioen Gebak

Bestanddele:

800g aartappels, geskil en in skywe gesny

60ml botter

2 uie, fyn gekap

2 vet knoffelhuisies, fyngemaak

800g sampioene, afgevee sout en peper

10ml worcestersous

60ml koekmeelblom

250ml sterk hoenderaftreksel

125ml melk

250g roomkaas 2 eiergele

50ml gekapte grasuie

Metode:

Kook aartappels 5 tot 7 minute in soutwater.

Smelt intussen die helfte van die botter in ‘n pan en verhit tot kokend warm. Voeg uie, knoffel en sampioene by, verminder hitte en roerbraai tot al die vloeistof weggekook is. Geur met sout, peper en worcestersous. Trek opsy.

Gebruik ‘n souskastrol en smelt die res van die botter. Roer die meel en kook twee minute. Klop aftreksel en melk by en roer oor matige hitte tot die sous dik is.

Verwyder van die hitte, klop kaas, eiers en die helfte van die grasuie by. Proe en geur met sout en peper indien nodig.

Rangskik die aartappels in gesmeerde oondskottel en bedek met die helfte van sous. Rangskik die sampioene bo-op, bedek met die res van die sous en bak 25 minute in ‘n voorverhitte oond teen 200 grade C. Strooi die res van die grasuie oor.

 

Bron:  Kreatiewe Kos Idees