S'mores oor die kole

Bestanddele

1 pakkie koekies (bv. Digestives, Marie, Tennis of enige koekie van jou keuse)

1 klein botteltjie Nutella sjokoladesmeer

1 pak Marshmallows

Sosatiestokkies

Metode

Neem 2 koekies. Smeer Nutella aan die onderkant van een koekie. Los die ander koekie skoon.

Plaas 'n Marshmallow op 'n sosatiestokkie en braai oor die kole tot goudbruin en sag.

Plaas die gebraaide Marshmallow tussen die 2 koekies.

 

En Voila! Daar is jou heerlike S'more koekie. Geniet!