Hierdie resep het ons al baie kere probeer.  Elke keer met 100% sukses.

Ek leen dit uit Kook en Geniet

BESTANDELE:

  • 125ml (halwe koppie) botter of margarien
  • 250ml (1 koppie) suiker
  • 5ml (1 teelepel) vanieljegeursel
  • 2 eiers
  • 500ml (2 koppies) koekmeelblom
  • 10ml (2 teelepels) bakpoeier
  • 2,5ml (halwe teelepel) sout
  • 4 tot 6 ryp piesangs

METODE:

  1. Voorverhit die oond tot 180 grade C
  2. Klits die botter en suiker tot romering
  3. Voeg die vanieljegeursel by en meng goed
  4. Voeg die eiers een-vir-een by en klits goed na elke een
  5. Sif die droƫ bestandele saam in 'n apparte bak en voeg by die eiermengsel en meng goed
  6. Maak die piesangs fyn en meng dit by die beslag
  7. Gooi in 'n gesmeerde broodpannetjie
  8. Bak vir 1 uur

WENK:  Ek gebruik die liquidizer om die piesangs fyn te maal om 'n fyn mousse te kry.  Laat die broodjie oornag staan, dit proe baie lekker die volgende dag :-)