BESTANDELE:

2 kop. meelblom.

2 eiers.

1/4 lb. botter.

1/2 lb. dadels.

1 kop. kookwater.

sout.

1 kop. suiker.

2 tl. koeksoda.

1 tl. vanielje.

 

METODE:

Gooi kookwater oor botter, suiker, dadels, koeksoda en sout. Laat afkoel. Voeg eiers heel by. Roer meel in. Bak vir 'n uur by 180 Grade C

 

Wenk: Jy kan ook neute by die mengsel gooi.