BESTANDELE:

500 g. bruismeel.

1 pakkie dik wit uiesoppoeier.

5 ml. ( 1 tl.) sout.

5 ml. ( 1 tl.) bakpoeier.

150 g. gerasperde cheddarkaas.

1 ekstra groot eier.

500 ml. ( 2 kop.) karringmelk.

 

METODE:

Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer 'n broodpan van 1,5 liter met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Sif die meel, uiesop poeier, sout en bakpoeier saam. Voeg 100 g. van die kaas by en meng goed. Klits die karringmelk en eier goed saam en voeg by die droë bestanddele. Roer goed. Skep in voorbereide pan en versprei eweredig. Sprinkel die orige kaas oor en bak 1 uur lank tot gaar of todat 'n toetspen skoon uit die middel van die broodjie kom. Sit voor met kaas en konfyt.