Paasbolletjiebrood

Bestanddele

480 g (860 ml) koekmeel

25 ml sagte botter

1 pakkie (10 g) kitssuurdeeg

15 ml suiker

5 ml sout

5 ml fyn kaneel

5 ml gemengde speserye

3 ml fyn neutmuskaat

250 ml louwarm melk

1 eier, geklits

50 g gemengde skil

50 g pekanneute, fyngekap

50 g rosyntjies

1 eier, geklits om die brood mee te smeer

Kruisies

75 ml meel

70 ml water

  Metode

Vryf die sagte botter in die meel in. Voeg die suurdeeg, suiker, kaneel, gemengde speserye, neutmuskaat en sout by. Meng goed. Voeg die eier en melk by om ’n sagte, kniebare deeg te vorm. Knie die deeg goed vir so 5 minute. Voeg die res van die bestanddele behalwe die geklitste eier by en knie weer vir minstens 10 minute. Plaas in ’n groot bak en maak toe met kleefplastiek. Laat die deeg op ’n warm plek tot dubbel die grootte rys. Verhit jou oond tot 180 °C. Smeer of spuit ’n broodpan (18 cm x 8 cm). Knie die deeg af en vorm balletjies. Plaas die balletjies styf teen mekaar in die pan. Maak toe met ’n kombuislap. Laat weer rys op ’n warm plek. Maak intussen die kruisie-beslag. Meng die water en meel tot ’n gladde pasta. Maak ’n spuitsak van bakpapier en vul met die beslag. Smeer die brood met die geklitste eiergeel. Spuit ’n kruisie bo-op elke balletjie en plaas die brood in die oond. Bak vir 30 – 35 minute.

WENK:

Kook 50 ml suiker saam met 100 ml water vir 3 - 5 minute. Smeer oor bolletjies vir ekstra soetigheid en glans (nadat dit gebak het).

 

Bron:  Sarie