Kaasskons 2

Bestanddele

500 ml (2 k) koekmeelblom

20 ml (4 t) bakpoeier

5 ml (1 t) sout

1 ml (1/4 t) peper of rooipeper

75 ml (5 e) botter of margarien

1 of 2 eiers

190 ml (3/4 k) melk

375 ml (1 1/2 k) Cheddarkaas, gerasper

 

Metode

Voorverhit die oond tot 250 grade Celsius. Smeer 'n bakplaat.

Sif droe bestanddele saam.

Rasper en vryf botter met die vingerpunte in die droe mengsel;

of sny met 'n deegmenger in, of gebruik 'n voedselverwerker.

Klits eier(s) en meng met 125 ml (1/2 k) melk; hou 15 ml (1 e) van

die mengsel om bo-oor te verf.

Voeg gerasperde kaas by en sny dan vloeistof met 'n slaplemmes

in om dit te meng, sonder om deeg te knie of te druk.

Gebruik meer melk tot deeg styf genoeg is om uit te rol.

Plaas deeg op meelbestrooide oppervlak en druk plat met die 

hande of rol liggies uit tot 2 cm dik.

Maak sirkels met 'n koekiedrukker of sny in gewensde vorms.

Plaas op gesmeerde bakplaat. Verf van die eier-en-melk-mengsel

wat eenkant gehou is, bo-oor en bak 10 minute tot skons mooi

bruin is.

 

Bron:  Kook en Geniet