Rosyntjiemuffins

Bestanddele

200 ml (4/5 k) koekmeelblom

15 ml (1 e) bakpoeier

5 ml (1 t) fyn gemengde speserye

5 ml (1 t) fyn kaneel

2,5 ml (1/2 t) sout

200 ml (4/5 k) volkoringmeel

60 ml (4 e) bruinsuiker

100 ml (2/5 k) pitlose rosyne

1 eier

100 ml (2/5 k) melk

60 ml (1/4 k) margarien, gesmelt

 

Metode

Voorverhit oond tot 200 grade Celsius. Smeer muffinpanne

en hou eenkant.

Sif eerste vyf bestanddele saam.

Voeg volkoringmeel, suiker en rosyne by en meng goed.

Klits eier en melk en roer margarien by.

Roer in meelmengsel net tot alles goed gemeng is.

Skep voorbereide muffinpanne twee derdes vol en bak 10

tot 15 minute.

Resep lewer sowat 18 muffins.

 

Bron:  Kook en Geniet