Mieliebrood

Bestanddele

1 1/2 koppie koekmeel

15 ml bakpoeier

2 ml sout

250 ml mieliemeel

1/2 koppie suiker

3 eiers

160 ml olie

1 blikkie - 410 g roomsoort sweetcorn

 

Metode

Gebruik 'n broodpan, ongeveer 22 cm.

Sif al die droe bestanddele saam.

Klits die eiers en olie saam en voeg sweetcorn by.

Voeg bogenoemde mengsel by droe bestanddele en meng.

Bak vir 1 uur teen 180 grade C.

 

1 teelepel vanielje of karamel essens kan bygevoeg word soos verkies.

 

Bron:  IWISA mieliemeel pak (resep op pak)