Bestanddele  

  • 1,25 liter water  
  • 15 ml sout  
  • 750 ml mieliemeel  
  • 1 x 410g blik geroomde suikermielies 
  • hand vol vars tiemie  
  • 2 x 410g blik gekapte tamaties  
  • 15 ml o|yf- of avokado-olie  
  • 1 ui, gekap  
  • 2 knoffelhuisies, fyngemaak  
  • 250 g knopiesampioene, in skyfies gesny 
  • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak 
  • 250 ml gekerfde biltong  
  • 375 ml Cheddarkaas, gerasper  

 

Metode  

  1. Verhit die oond tot 220°C. 
  2. Smeer ‘n  30 x 25 cm oondvaste bak.  
  3. Bring die water en sout tot kookpunt in ‘n groot kastrol oor matige hitte. 
  4. Roer die mieliemeel in en klop om te voorkom dat klonte vorm. 
  5. Laat gaar word en roer van tyd tot tyd, ongeveer 20 minute, tot styf.  
  6. Voeg die suikermielies en tiemie by. 
  7. Skep helfte van die pap in die voorbereide oondbak. 
  8. Skep die tamaties in ‘n Iaag bo-oor. 
  9. Verhit die olie in ’n kastrol oor hoé hitte  en braai die uie, knoffel en sampioene vir  5 minute tot goudkleurig. 
  10. Geur en skep bo-op die tamatielaag.  
  11. Skep die res van die papmengsel oor, dan die biltong en dan die kaas. 
  12. Bak ongeveer 20 minute, tot die kaas gesmelt het.

BRON: Finesse